AKADEMIE
‘n Skool se akademie is die een aspek wat die grootste verskil in ‘n kind se toekoms kan maak.
Dit is daarom belangrik dat die akademie bydra tot die skep van ‘n positiewe selfbeeld by die kind.
Vir hierdie doel word opgeleide, toegeruste personeel benodig wat nog die kind agter die “leerder” raaksien en die individualiteit van die kind erken, terwyl hy/sy begelei word om holisties te ontwikkel en ‘n passie te kweek vir dit waarin hy/sy uitblink.

SKOOLURE

| Graad RR & R | 07:30 tot 13:00 |
| Graad 1 – 3 | 07:25 tot 13:15 |
| Graad 4 – 7 |
07:25 tot 14:00 (Maan tot Don) 07:25 tot 13:30 (Vry) |
SLAAGVEREISTES
Graad 1-3
| VAKKE | PERSENTASIE |
| Afrikaans (Huistaal) | 50 % |
| Engels (Eerste Addisionele Taal) | 40 % |
| Wiskunde | 40 % |
Graad 4-6
| VAKKE | PERSENTASIE |
| Afrikaans (Huistaal) | 50 % |
| Engels (Eerste Addisionele Taal) | 40 % |
| Wiskunde | 40 % |
| Enige ander twee vakke | 40 % |
Graad 7
| VAKKE | PERSENTASIE |
| Afrikaans | 50 % |
| Engels | 40 % |
| Wiskunde | 40 % |
| Enige ander 3 vakke | 40 % |
| Enige ander 2 vakke | 30 % |
Benodigdhede
Die skoolbenodigdhede word jaarliks op die D6 Communicator geplaas, sodat u as ouer die hele jaar na u kind se benodigdhede kan omsien en sorg dat dit in ‘n goeie toestand bly. Lyste word aan die einde van die jaar aan die verskillende verskaffers gestuur asook saam met elke kind se jaareind rapport huis toe gestuur. Maak asseblief seker dat u alles aanskaf wat u kind nodig het. Dit is baie frustrerend as ‘n kind nie die nodige skryfbehoeftes by die skool het nie.
Alle skryfbehoeftes moet asseblief baie duidelik gemerk word. Die onderwysers kan nie verantwoordelikheid neem vir verlore skryfbehoeftes nie.
Assessering
- Assessering geskied volgens die Nasionale Protokol vir Assessering- en beleidsverklaring (KABV).
- Aan die einde van elke kwartaal ontvang die leerders ‘n rapport.
- Aan die begin van elke jaar koop elke leerder ‘n daggids waarin die gebeure van die jaar reeds aangeteken is. Die daggids word gebruik om huiswerk neer te skryf en te kontroleer.
- Aan die begin van die jaar word inligtingsaande gehou waartydens ouers volledig ingelig word ten opsigte van akademiese aangeleenthede.
Huiswerk
Dit is elke leerder se eie verantwoordelikheid om daagliks Huiswerk in sy daggids af te skryf. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om seker te maak dit word gedoen en u moet dit dan ook kontroleer.
Oueraande
U kan op hoogte bly van u kind se vordering deur middel van georganiseerde oueraande (een per kwartaal) na afloop van die uitdeel van die leerders se rapporte.
Kommunikasie
U as ouer mag ongelukkig nooit by enige klas opdaag gedurende skooltyd nie. U kan via die skoolkantoor met ‘n onderwyser ‘n afspraak reël.
Kommunikasie vanaf die skool se kant, geskied meestal deur die skool se D6 Communicator, Whatsapp groepe, Facebook, Instagram of die Dupie-Korrels nuusbrief, wat op ‘n gereelde basis uitgaan.
Hulpverlening
Akademiese hulpverlening vind op verskeie maniere plaas. Ouers sal in kennis gestel word dat leerders versoek word om ‘n bepaalde klas by te woon. Dit word dan ook aangeteken, indien leerders dit bywoon. Die klasse is gratis.
RO-klasse word in die oggende aangebied in tale en wiskunde.
In die Grondslagfase het ons ‘n LSOB-juffrou wat leerders gedurende skooltyd help met spesifieke probleme wat deur die juffrou uitgewys is.