UIT DIE SKOOLKANTOOR

Wat ʼn voorreg om deel van die Dupie-span te wees.

DUPIE-DRUPPEL:

Hier in Dupieland is geen kind net ‘n nommer nie, maar vorm elke leerder deel van die unieke Dupie-familie.  Elke Druppel blaas nuwe lewe in elkeen wat betrokke raak en deel is van die Dupie-ervaringstog!

Van Eisteddfod tot akademiese uitnemendheid, volg jy die Dupie-padkaart tot by sportgeleenthede waar elke Dupie kan spring, vang en skop.  ‘n Ware wenspan wat moeilik in die platteland sy gelyke ken!

Ons Dupie-Dwergies maak ons trots met leerkragte wat ons klein Dupies op ‘n pragtige holistiese wyse gereed maak vir die Dupie-Druppel wat in Graad 1 begin.

Die Dupie-Druppel is ons skool se logo wat groei beteken.  Deur water groei die ekosisteem en so groei ons skool ook.  Hoop is die wagwoord vir ons maats en deur groei, lewe en hoop wat as basis van ons Dupie-drome gebruik word, glo en vertrou ons dat Dupieland as vrugbare opvoedkundige area sal gedy op vele terreine.

Word deel van die Dupie-familie.

Hier is geen kind net ‘n nommer nie, want elke Druppel tel

Teken in op die Dupie-Korrels nuusbrief

[mc4wp_form id="4271"]