SENIOR FASE GR.7

Die Senior fase (graad 7) het vier klasse in die graad. Daar is 'n maksimum van 30 kinders in elke klas.

VAKKE WAT AANGEBIED WORD

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleid van die Departement van Onderwys bied die volgende vakke aan:
  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensoriëntering
  • Bewegingskunde
  • Natuurwetenskap
  • Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe:  Aardrykskunde en Geskiedenis
  • Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
  • Skeppende Kuns

DIE SLAAGVEREISTES IS:

  • Afrikaans huistaal (minimum 50%) EN
  • Engels eerste addisionele taal (minimum 40%) EN
  • Wiskunde (minimum 40%) EN
  • Enige ander 3 vakke (minimum 40%)
  • Enige ander 2 vakke ( minimum 30%)
  • Een vak onder 30%
Untitled (572 x 461 px) (11) (1)

ASSESSERING

Kwartaal 1: Deurlopende assessering
Kwartaal 2: Deurlopende assessering
Halfjaar eksamen
Kwartaal 3: Deurlopende assessering
Kwartaal 4: Deurlopende assessering
Jaareind eksamen
front-view-pile-books-with-copy-space_23-2148255858

LEERDER ONDERSTEUNING

  • Vordering word na die afloop van assessering siklusse bespreek.
  • Remediërende klasse in Afrikaans, Engels en Wiskunde word van tyd tot tyd aangebied aan leerlinge wat nog nie die kurrikulum heeltemal onder die knie het nie.
  • Elke klas is toegerus met interaktiewe witborde om die leerondervinding interessant en leersaam te maak.
  • ‘n Berader is weekliks beskikbaar om kinders met probleme behulpsaam te wees.
  • ‘n Volledige Tegnologiesentrum waar kinders praktiese take by die skool bou.
  • ‘n Goed toegeruste Biblioteek met ongeveer 9000 boeke, tydskrifte en naslaanwerke.

AKADEMIESE TOEKENNINGS

  • Top tien word elke kwartaal aangewys.
  • Beste vak prestasie aan die einde van die jaar.
  • Leerlinge met voltal 7’s se naam verskyn op die akademiese ererol van die skool.
  • Leerlinge wat 7 jaar volgehoue skoolbesoek gehandhaaf het, kry ‘n trofeë en vermelding op ererol.