INTERMEDIÊRE FASE GR. 4-6

Die intermediêre fase (graad 4 tot graad 6) het vier klasse per graad. Die maksimum van 30 kinders in elke klas.

ASSESSERING

Kwartaal 1: Deurlopende assessering
Kwartaal 2: Deurlopende assessering
Halfjaar eksamen
Kwartaal 3: Deurlopende assessering
Kwartaal 4: Deurlopende assessering
Jaareind eksamen

VAKKE WAT AANGEBIED WORD

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Persoonlike en Sosiale Welstand
  • Bewegingskunde
  • Musiek
  • Kuns
  • Natuurwetenskap en Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe:  Aardrykskunde en Geskiedenis
  • isiZulu as tweede addisionele taal word ingefasseer en is in 2021 deel van die kurrikulum tot graad 6.

DIE SLAAGVEREISTES IS:

  • Afrikaans huistaal (minimum 50%)
  • Engels eerste addisionele taal (minimum 40%)
  • Wiskunde (minimum 40%)
  • Enige ander 2 vakke (minimum 40%)
Graad 4-6

LEERDER ONDERSTEUNING

  • Vordering word na die afloop van assessering siklusse bespreek.
  • Ons beskik oor ‘n LSOB-onderwyseres wat leerders met spesifieke akademiese behoeftes bystaan in kleingroepe.
  • Die LSOB-Klas akkommodeer leerlinge met spesiale onderwys behoeftes van die ouderdom 10 tot 12 jaar.
  • Remediërende klasse in Afrikaans, Engels en Wiskunde word van tyd tot tyd aangebied aan leerlinge wat nog nie die kurrikulum heeltemal onder die knie het nie.
  • Elke klas is toegerus met interaktiewe witborde om die leerondervinding interessant en leersaam te maak.
  • ‘n Berader is weekliks beskikbaar om kinders met probleme behulpsaam te wees.