GRONDSLAGFASE GR. 1-3

Die Grondslagfase het 12 opgeleide juffrouens met baie jare ervaring.

VAKKE WAT AANGEBIED WORD

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleid van die Departement van Onderwys bied die volgende vakke aan:
  • Afrikaans huistaal
  • Engels Eerste AddisioneleTaal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid

Musiek –
Kuns –
Bewegingskunde –
Persoonlike en Sosiale Welsyn –

  • isiZulu Tweede Addisionele Taal

DIE SLAAGVEREISTES IS:

  • Afrikaans 4 (minimum 50%) EN
  • Engels 3 (minumum 40%) EN
  • Wiskunde 3 (minumum 40%)
School_test
Child student kid girl writing with homework on desk table

ASSESSERING

Daar word elke kwartaal assessering gedoen.  Na afloop van elke kwartaal ontvang die kinders rapporte.  Daarna is daar oueraande waar ouers en onderwysers die kind se vordering kan bespreek.

Ons beskik oor ‘n LSOB-onderwyseres (Leerders met Spesifieke Onderwys Behoeftes) waarheen kinders gestuur kan word vir ekstra akademiese ondersteuning.

Elke klas is toegerus met ‘n interaktiewe witbord.

Die graad 3’s neem jaarliks deel aan die distrik se Mental Maths, lees- asook Afrikaanse en Engelse Spellathon kompetisies.

Ouers is welkom om die skool te skakel en ‘n afspraak te maak om die departementshoof te kom sien.