DWERGIES GR. RR-R
Ons Dwergies glo daarin om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel.
Ons gebruik ‘n holistiese benadering om ‘n unieke, selfstandige, sosiaal aanpasbare kleuter te ontwikkel vir die samelewing.
Ons leer graag deur spel en perseptuele, sensoriese aktiwiteite. Tog is ons fokus gerig op fynmotoriese en groot motoriese vaardighede wat sorg vir die nodige ontwikkeling in ontluikende lees en skryf.
Ons passievolle, liefdevolle onderwyseresse help om die kleuters skoolgereed te kry. Hier kan kleuters nog kind wees!

KURRIKULUM
Ons volg die voorgeskrewe kurrikulum deur die Departement van Onderwys (CAPS). Die leerprogram bestaan uit Wiskunde, Taal (Afrikaans) en Lewensvaardighede.
DAGPROGRAM
| 07:00 | Ontvang leerders in die klaskamer |
| 07:30 | Aantree en toiletroetine |
| 07:45 | Oggendkring (Register, Dae van die week, Tel, Spesiale nuus ens.) |
| 08:30 | Etenstyd en toiletroetine |
| 08:45 | Kringetjie: Wiskunde aktiwiteite |
| 09:15 | Kringetjie: Afrikaans – tema besprekings |
| 09:45 | Buitespel |
| 10:40 | Toiletroetine |
| 10:45 | Skeppende aktiwiteite |
| 11:45 | Opruim en toiletroetine |
| 12:00 | Middagete |
| 12:30 | Storietyd |
| 13:00 | Vertrek |
| 13:45 | Wagklas sluit |
*hierdie dagprogram is slegs ‘n riglyn en mag verander.
WAT BIED ONS
- Ruim klaskamers
- Groot, kleurvolle speelgrond
- Leersame arbeidsterapie lesse
- Prettige musieklesse
- Gebalanseerde middagetes
- Spraakterapeut is beskikbaar op aanvraag
- Robotika lesse
DWERGIES PROJEKTE
- Hartjiedag Entrepreneursdag
- Kleuteratletiek waar ons hardloop, spring en gooi
- Kleutertalent waar ons gediggies voordra
- Oupa- en Oumadag
- Tema-verwante instappies/uitstappies
- Konsert
SKOOLVERBONDE AKTIWITEITE
- Mini-netbal
- Mini-hokkie
- Mini-krieket
BUITE SKOOLVERBONDE AKTIWITEITE (Op Perseel)
- Ballet
- Playball
- RSD Rugby
- Semas Wiskunde
- Playgolf
- Moderne Danse
- Mini Maestromusiek
- Muddy Buddie Pottery
Word deel van die Dupie-familie.
Hier is geen kind net ‘n nommer nie, want elke Druppel tel
Teken in op ons Dupie nuusbrief
[mc4wp_form id="4271"]