Dupie-Sport
By Du Preez van Wyk glo ons daarin om elke leerder in geheel te ontwikkel.
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Lees gerus meer oor die sportsoorte wat ons aanbied.
ATLETIEK
Dupieland bied aan elke Dupie vanaf 0/6 tot 0/13, seuns en dogters, die geleentheid om aan atletiek deel te neem. Die atletiekseisoen begin reeds in Oktober en eindig in Maart. Ons neem aan beide weg- en tuisbyeenkomste deel.
Atletiek items sluit in: naellope, hekkies, middelafstande, hoogspring, verspring, gewigstoot, diskus- en spiesgooi.
Jaarlikse hoogtepunte sluit die Cluster-byeenkoms in, waar ‘n klomp skole van ons streek deelneem en vind gewoonlik in Februarie plaas. Indien jy kwalifiseer word jy na die Distrik-byeenkoms genooi wat ook in Februarie plaasvind.
By die Distrik-byeenkoms kwalifiseer jy om aan die GISSA-byeenkoms deel te neem, wat einde Februarie plaasvind. Hier word die atlete gekies wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.
Dupies verteenwoordig jaarliks hul provinsie by die SA kampioenskappe en kan spog met ‘n paar SA kampioene oor die jare.
.


NETBAL
Netbal is ‘n spansport wat aangebied word vir 0/6 – 0/13 dogters tydens die eerste en tweede kwartaal van die skooljaar. Ons doel is om vir elke dogter ‘n liefde vir die sport te kweek en as ‘n span saam te groei. Afrigting word deur gekwalifiseerde onderwyseresse aangebied.
KRIEKET
Ons krieketseisoen skop in die derde kwartaal af. Kriekettoere en -klinieke vind plaas tydens die Junie/Julie vakansie.
Krieket word aangebied van o/9 tot o/13. Ons neem deel in die B-liga. Hierdie spanne vaar uitstekend in hulle onderskeie ligas. Afrigting word deur personeel behartig en word aangevul deur ’n gekwalifiseerde student. Die afrigters het almal die nodige kennis en ervaring.
HOKKIE
By Laerskool du Preez van Wyk gaan hokkie vir ons nie net oor die sport nie, maar ook oor die waardes wat die dogters aanleer. Dit gaan oor spanwerk, die verbetering van sportmangees en verantwoordelikheid. Die hokkie is vanaf O/9 tot O/13 en word afgerig deur hoogs gekwalifiseerde afrigters. Die hokkie speel in die A4 liga en neem deel teen Pretoria skole.

LANDLOOP
Landloop vind plaas gedurende die derde kwartaal. Landloop atlete neem deel aan 4 ligas wat op Vrydae plaasvind, asook die AGN-Kampioenskappe. ‘n Span word tydens die AGN-kampioenskappe gekies wat in September aan SA’s deelneem.

TENNIS
Tennis vind plaas in die derde kwartaal waar daar ligawedstryde teen skole van Pretoria gespeel word. Daar is twee spanne in die liga met wedstryde wat op Maandae 14:00 gespeel word. Die afrigting word deur ‘n gekwalifiseerde en professionele afrigter behartig.
Tennis ontwikkeling vind dwarsdeur die jaar plaas. Mini-tennis word ook aangebied deur dieselfde afrigter.
RUGBY
By Laerskool Du Preez van Wyk streef ons na die uitbou van die spel. Om seuns lief te maak vir rugby en die fondasie van spanwerk binne ‘n spansport vas te lê. Ons beoog om die ontwikkelling van spelers te bevorder en die skool trots te verteenwoordig waar ons ookal mag speel.
Die skool speel tans in die C2-liga waar ons baie kompeterend deelneem. Die skool beskik oor gekwalifiseerde, kwaliteit afrigters wat betrokke is by die spanne se afrigting. Ons het onlangs aan 7’s-rugby begin deelneem en spelers word ook spesifiek daarvoor ontwikkel.
Al die spanne woon jaarliks verskillende klinieke en toere by.

BULLETJIE-RUGBY
Hier by Laerskool Du Preez van Wyk beoog ons om vir ons kinders die beste moontlike fondasie te lê. Laerskool Du Preez van Wyk het die Bulletjie-rugbyprogram aangeneem om ons seuns `n voorsprong te gee en hul voor te berei vir hul rugbytoekoms by die skool. Hierdie program word wel deur die skool georganiseer, maar is `n ouergedrewe program. Ons wil u hiermee gerusstel dat u kind se afrigting in die beste hande is met ouers wat opgelei is om vir u kind die beste opleiding, pret en spanwerk te verskaf.

MINI-NETBAL
Laerskool Du Preez van Wyk bied mini-netbal aan sodat die jong spelertjie van ‘n ouderdom van 5 jaar af, op ‘n informele wyse blootgestel word aan die spel.
In hierdie stadium word hulle bekendgestel aan die verskillende netbalposisies en basiese reëls. Hulle leer ook op ‘n vroeë ouderdom om as ‘n span saam te werk. Mini-netbal fokus daarop om ‘n liefde vir netbal te kweek by die leerder.

JUNIOR-KRIEKET
Junior-krieket is ‘n ouergedrewe program vir 0/7 – 0/8 seuns wat in die derde kwartaal plaasvind. Ons doel is om seuns vroegtydig bloot te stel aan die volle vaardigheid van krieket, maar steeds die basiese vaardighede en ontwikkeling te leer.
Genot van die spel is die belangrikste!
MINI-HOKKIE
By Laerskool Du Preez Van Wyk glo ons dat elke kind haar volle potensiaal kan bereik deur middel van blootstelling en geleentheid om te kan deelneem. Ons streef daarna om basiese vaardighede en tegnieke vas te lê, maar die belangrikste van alles – om ‘n liefde en passie te ontwikkel by elke leerder vir hokkie. Daarom is dit belangrik dat alle oefeninge bygewoon word.
Die afrigters word bemagtig deur kursusse wat hulle op datum bring met verandering en nuwe reëls. Hulle is passievol oor hulle sport en dra hulle ook die passie oor na die leerders. Ons woeker met ons hokkietalente van jongs af!
Oefening: Hoërskool Erasmus

SKAAK
Saam met ‘n dinamiese span entoesiastiese afrigters, bou ons van jongs af ‘n liefde en passie vir skaak, by ons leerders.
Ons neem deel op distrik- en provinsiale vlak en ding mee teen top skole.
Die skaak begin in kwartaal 1 en eindig in kwartaal 3
