SENIOR FASE GR.7
Die Senior fase (graad 7) het vier klasse in die graad. Daar is 'n maksimum van 30 kinders in elke klas.
VAKKE WAT AANGEBIED WORD
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleid van die Departement van Onderwys bied die volgende vakke aan:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Lewensoriëntering
- Bewegingskunde
- Natuurwetenskap
- Tegnologie
- Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde en Geskiedenis
- Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
- Skeppende Kuns
DIE SLAAGVEREISTES IS:
- Afrikaans huistaal (minimum 50%) EN
- Engels eerste addisionele taal (minimum 40%) EN
- Wiskunde (minimum 40%) EN
- Enige ander 3 vakke (minimum 40%)
- Enige ander 2 vakke ( minimum 30%)
- Een vak onder 30%

ASSESSERING
| Kwartaal 1: | Deurlopende assessering |
| Kwartaal 2: | Deurlopende assessering Halfjaar eksamen |
| Kwartaal 3: | Deurlopende assessering |
| Kwartaal 4: | Deurlopende assessering Jaareind eksamen |

LEERDER ONDERSTEUNING
- Vordering word na die afloop van assessering siklusse bespreek.
- Remediërende klasse in Afrikaans, Engels en Wiskunde word van tyd tot tyd aangebied aan leerlinge wat nog nie die kurrikulum heeltemal onder die knie het nie.
- Elke klas is toegerus met interaktiewe witborde om die leerondervinding interessant en leersaam te maak.
- ‘n Berader is weekliks beskikbaar om kinders met probleme behulpsaam te wees.
- ‘n Volledige Tegnologiesentrum waar kinders praktiese take by die skool bou.
- ‘n Goed toegeruste Biblioteek met ongeveer 9000 boeke, tydskrifte en naslaanwerke.
AKADEMIESE TOEKENNINGS
- Top tien word elke kwartaal aangewys.
- Beste vak prestasie aan die einde van die jaar.
- Leerlinge met voltal 7’s se naam verskyn op die akademiese ererol van die skool.
- Leerlinge wat 7 jaar volgehoue skoolbesoek gehandhaaf het, kry ‘n trofeë en vermelding op ererol.